KHOI KORTVERHALE
Trooi en Tapoe se Huwelik: Trou Rituele van die Griekwa Volk
In die klein gemeenskap van Boegeberg, naby die oewers van die Garieprivier, was Trooi se wΓͺreld besig om deel te word van Griekwa liefde en tradisie Riel. Die pad na hul huwelik het begin met βΓ‘gaiΓ‘abβ, of die huweliksslagting.

Gedurende die vryery van Trooi en Tapoe het die ouers van die voornemende paartjie in gespanne Doekgoed onderhandelinge betrokke geraak. Hierdie besprekings was belaai met ‘n mengsel van verwagting en vrees. Die vaders, as die bewakers van hul dogters se toekoms, het seker gemaak dat Tapoe ‘n waardige trouman was. Onderhandelings het dikwels die grens tussen vrede en konflik oorgesteek, wat getuig het van die gewigtigheid van die besluite wat geneem is.
Sodra ‘n ooreenkoms bereik is, kon Tapoe, met sy vader se seΓ«n, Trooi as sy eie wederhelfte neem. Die klimaks van hul liefdesverhaal het gerus op Trooi se gewilligheid. As sy instem, was die volgende stap die Γ‘gaiΓ‘ab, die huweliksslagting. Hierdie ritueel het die amptelike verbintenis van die paartjie gemerk.
Op die dag van die Γ‘gaiΓ‘ab is ‘n enkele skaap geslag vir die vrou deur ‘n bejaarde lid van die gemeenskap. Die vroue, in ‘n simboliese daad van eenheid en viering, het saam die skaap geΓ«et. Intussen was Tapoe nie toegelaat om aan die fees deel te neem. In plaas daarvan het ‘n ou vrou Tapoe se hande gesalf met vet en boegoe, ‘n geurige kruie wat in die streek voorkom.
In ‘n oomblik van intimiteit was Trooi, die jong bruid, gevra om die mengsel van vet en boegoe Tapoe se hande af te lek. Hierdie ritueel het getuig van gedeelde ervarings en die bande wat hulle nou saamgebind het. Die jong vrou het haarself versier met βn jakkals tand, maar dit is slegs om haar nek gedra, ‘n simbool van beskeidenheid en reinheid.
Die feesvieringe het begin met die hele gemeenskap wat saamgekom het. Die dorpe Boegeberg en Griekwastad met familie uit Njagas en Cambell wat in harmonie saamgekom het, en die lug was gevul met die geur van die slaggoed skape en koeie. Die ritmiese Rieldans het begin, ‘n dans wat die diere se vlerkslepery en die essensie van die lewe nageboots het.

Rondom die vuur, het die stof wat deur die dansers opgeskop is, ‘n betowerende vertoning geskep. Dit was asof die natuur self hierdie verbintenis gevier het, en die paartjie, nou gebind deur tradisie en liefde, het saam op ‘n reis vertrek. Trooi en Tapoe se liefdesverhaal was gegraveer in die voetspore van die Rieldans, ‘n dans wat deur die eeue weerklink het, en die verhaal vertel het van ‘n verbintenis wat deur die ingewikkeldhede van die Khoi se voorhuwelikse rituele gesmee is.