KINDERGEBOORTE RITUELE VAN DIE GRIEKWAVOLK

Home » blog » KINDERGEBOORTE RITUELE VAN DIE GRIEKWAVOLK

KHOI KORTVERHALE

TROOI KRAAM GEHURKEND!!

Soos Trooi se swangerskap ontvou het, het die gemeenskap rondom hulle saamgedrom, die paartjie is in die hartlikheid en warmte van die eeue oue Khoi tradisie omvou. Om ‘n kind in die wêreld te bring is ‘n geskenk aan die stam en ‘n jong ma word geleer hoe sy behoort te voel en te dink tydens die swangerskap, die kraam en geboorte van die nuwe baba sal beïnvloed. Ander Griekwa vroue van die groep sal help deur te kos aan te dra, tog word van ‘n swanger vrou verwag om voort te gaan met haar normale pligte soos kos bymekaarmaak, skoonmaak, en sy moet nie kla nie. Dit maak ‘n vrou fiks en gesond tydens haar swangerskap – daar is geen plek vir luiheid of ooreet in hierdie samelewing nie, ‘n swanger vrou is selde oorgewig en ‘n ongebore baba sal waarskynlik groei tot die regte grootte vir die moeder om geboorte te gee.   Om te kraam is ‘n geweldige ervaring vir die eerste keer,  daarom moet Trooi by die ander jong meisies leer. Sy word aangemoedig om te kyk hoe ‘n ander vrou kraam sodat sy kan leer om haar vrese te trotseer. Trooi het gereeld met haar ma gepraat oor haar vrese met ander vroue in die groep, maar die meeste jong meisies sal noodgedwonge aanvaar dat hierdie pad deel van hul toekoms is.

Die tyd vir die bevalling het nader gekom, en die verwagtende moeder is na ‘n spesiale hut gelei. Binne sou sy onder die wakende oë van ‘n ervare vroedvrou kraam met bystand van haar moeder, vergesel deur die sagte hande van ‘n jong leerling. Trooi het in ’n hurkende posisie soos alle Khoi vroue geboorte gegee, …..  GEDULD is gebore.

Tapoe, die gretige vader, het buite die geboortesone (kultureel) gebly. Al het hy nie die wonder van die geboorte aanskou nie, het hy die nuus met ingehoue asem verwag. Toe die boodskap aankom, het vreugde deur hom uitgestraal. Hy het geskree my seun GEDULD is gebore, Lank lewe Geduld, …. Hy het woes begin Rieldans soos ’n trotse Jakkals, die ander mans het van pure vreugde in ’n kring rondom hom gedans soos ’n skare Dassies!

In die daaropvolgende dae is die moeder en kind as kwesbaar beskou, wat sekere praktyke vereis het. Mans – met uitsondering van die vars vader Tapoe –  is verbied om die hut binne te gaan, en beide moeder en baba het onnodige kontak met water vermy. Die baba is volgens tradisie, gereeld met netvet en Boegoe uitgesmeer, vir die eerste drie maande is die baba ook gevoed met moedersmelk en die melk van bokke of koeie, ‘n eeue oue tradisie wat ‘n sweem van heiligheid aan die pasgeborene se vroeë dae bygevoeg het.

‘n Spesiale vuur het in die hut gebrand, wat die heiligheid van die ruimte gesimboliseer het. Na die voorgeskrewe tydperk van isolasie, is moeder en kind seremonieel weer aan die samelewing voorgestel. Hul liggame is gesalf met geurige boegoe en ryk dierlike vet, wat beskerming en seën beteken het.

Op ‘n sagte skaapvel, langs sy moeder, het die baba gelê – ‘n simbool van kontinuïteit en die siklus van die lewe. Die rituele van inlywing by die Griekwavolk het begin as welkomsgebaar van gemeenskap en familie. ‘n Fees is opgetrek, bygewoon deur lede van die Griekwastad gemeenskap, Boegoeberg, Cambell  en bloedverwante van ander Griekwa dorpe. Hulle het bymekaargekom om die lewe van Geduld te vier.

Vele skape is geslag, !Xari is gedrink  en die mense het geesdriftig geRieldans, Tapoe en Trooi se seun Geduld  het ’n verbinder geword … – ‘n bewys van die blywende skoonheid van tradisie, liefde, en die lewens siklusse van bestaan van die Khoi …..