40 DAE PAAS NA HEMELVAART
DINSDAG 9 APRIL 2024

Johannes 20 vers 22: “Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!”
Ek is steeds besig met die Nederlandse idioom “As Pasen Pinkster op een dag val” wat iets wat onmoontlik is suggereer. Vir my is dit ‘n uitdrukking wat ons herinner aan die feit dat die Opstanding van Jesus onlosmaaklik verbonde aan die uitstorting van die Heilige Gees.
In Johannes 20 vers 22 lees ons hoe Jesus na Sy opstanding Sy dissipels die Heilige Gees gee deur op hulle te blaas. Hierdie gebeurtenis is noemenswaardig, want dit vind plaas voor die Pinkstergebeurtenis. Dit herinner ons aan die skeppingsverhaal waar God lewensasem in die mens blaas, en so word ons menstoe lewende siele. Net so blaas Jesus nou sy Gees oor sy dissipels, sodat hulle nuwe mense kan word.

Hierdie handeling herinner ons aan ‘n visioen wat Esegiël gehad het, waar God belowe om ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees in ons te gee, en om die harde hart uit ons te verwyder. Dit dui op die werk van die Heilige Gees in ons lewens, wat ons innerlike vernuwe en ons toerus om die wil van God te doen.
Die Heilige Gees gee ons krag om te vergewe en om die evangelie te verkondig. Net soos die bekeerdes na Pinkster die moed ontvang het om te praat en te verkondig, so gee die Heilige Gees ons die moed en die woorde om die liefde en vergifnis van God aan ander oor te dra.
GEBED: Liewe God, dankie vir die geskenk van die Heilige Gees wat ons vernuwe en toerus om u wil te doen. Gee ons die moed om te vergewe en die krag om die evangelie met ander te deel. Mag ons lewe getuig van u liefde en genade. In Jesus se naam bid ons, AMEN