HY LUISTER EG NA HUL PYN, DAN KOM BEMOEDIGING

Home » blog » HY LUISTER EG NA HUL PYN, DAN KOM BEMOEDIGING

40 DAE – PAAS NA HEMELVAART

SATERDAG 6 APRIL 2024

In die verhaal van die Emmaüsgangers sien ons hoe Jesus Homself oopstel vir die verdriet van ander. Hy luister na hul verhaal, na hul pyn, na hul twyfels. Hy onderbreek hulle nie. Hy oordeel nie. Hy luister net. En dit is presies wat ons nodig het as ons rou, as ons worstel met verdriet en verlies. Ons het iemand nodig wat na ons luister, wat ons pyn erken, wat ons ruimte gee om te sê wat in ons leef.

Maar Jesus gaan nog ‘n stap verder. Na die luister kom die bemoediging. Maar dit begin met ‘n korreksie. Hy wys die Emmaüsgangers daarop dat hulle so min verstand het en so stadig van begrip is omdat hulle nie glo in alles wat die profete gesê het nie. Hy herinner hulle aan die woorde van die profete, aan die beloftes wat vervul is in Sy koms, aan die pad wat Hy moes loop om Sy heerlikheid binne te gaan.

GEBED: Ons bid vir die genade om te leer luister soos Jesus, met ‘n oop en sagmoedige hart. Help ons om nie haastig te oordeel nie, maar om geduldig te luister na die verhale en pyn van ander. Gee ons die wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om te luister. AMEN