HY KEN JOU PYN EN HARTSEER

Home » blog » HY KEN JOU PYN EN HARTSEER

40 DAE PAAS NA HEMELVAART

WOENSDAG 3/4/2024

Paasfees is ‘n tyd van herlewing, ‘n tyd waarin die lewende Jesus na jou toe kom en jou by jou naam roep. Maria. Mirjam. Obe. Vul jou eie naam maar in. Hy ken jou verlede. Hy ken jou pyn en hartseer. Hy ken jou wonde en jou sondes. En hoe ons as gevolg daarvan, terneergedruk en depressief word. Kyk op na My, Ek is die lewende God. Ek het die dood oorwin. My liefde is sterker as jou verlede. My troos kan jou depressie en hartseer genees.

As Maria dit tot haar laat deurdring, wil sy vasgryp.  Sy wil Hom nooit weer loslaat nie. So groot is haar dankbaarheid. Haar geluk ken geen perke nie. Magteloos het sy by die kruis gestaan. Wanhopig het sy spelonk graf besoek. Maar nou het sy haar Meester weer terug. Nou word alles weer soos vantevore. Of tog nie? Nee, sê Jesus, Maria moet nog iets leer, Jesus open haar oë vir die behoeftes van die ander dissipels. Hulle moet ook die goeie nuus hoor. Jesus gee Maria ‘n taak. ‘n Besondere oomblik, nie waar nie, Haar verlede tel nie meer nie. Jesus rig haar oë die toekoms sy mag die draer wees van ‘n wonderlike boodskap. Sê aan my broers dat Ek terugkeer na my Vader nie as Gekruisigde, maar as oorwinnar van die dood. My God – sê Jesus – is julle God. Dit is die seën van die kruis.

GEBED: liefdevolle Vader, dankie vir die wonder van die Opstanding, waarin U ons bevry van ons verlede en ons ‘n nuwe begin gee. Help ons om na U op te kyk en te glo in U krag om ons te lei uit duisternis na lig. Mag ons, soos Maria, die vreugde en dankbaarheid van U opstanding ten volle ervaar, en mag ons bereid wees om die goeie nuus van U liefde en genade met ander te deel. In die naam van jesus bid ons, AMEN.