Humor (2)Engels in die NoordKaap

Die nuwe Engelse Juffrou begin onderwys op Prieska Laerskool, Sy was rerag Engels. Eerste oggend groet sy toe haar St 4 klas ‘Good morning class’ . Almal stil behalwe een outjie ‘goeiemôre Juffrou’. Tweede oggend selfde ding. Derde oggend weer net die een outjie wat teruggroet. Kwaad vra sy in gebroke Afrikaans hoekom groet julle my nie, hy groet my alleen!!!! Toe staan Piet Nel op ‘Juffrou groet da nie vir ons nie net vir Klaas Rooibaadtjie! (In engels word Class mos met twee a’s en een s uitgespreek.)