HUMOR – Griekwastad en ENGELS!!!!!

In ons klein dorpies soos Griekwastad was Universiteit mos iets soos bloedoortapping. Jy het gewone rooi bloed soos almal maar sodra jy Universiteit toe gaan dan het jy blou bloed, Koninlike bloed, almal groet jou met respek, met ‘n ligte buiging. As ouens stry oor iets word jou mening gevra dan is dit feite ..Ék het jou mos gese jy moet luister as ek praat, spog die wenner na die Aristokratiese uitspraak.
So word die Universiteit Wes-Kaap outjie genooi na alle partyties en kry die lekkerste partytjie koekies en happies. Eendag spog hy met ’n engelse bedanking. “I want to say something. Thank you very much, the Cake was really delicious.” Hy benadruk . “Really DELICIOUS” Die volgende dag toe hy dorp toe loop (koeza) groet die onder-die-boom-sit-manne hom. Hei ta da de lie sie hus. Het jy lekker geslaap Delicious. Gaan jy Tone toe Delicious. Hy was toe redelik baie binnenshuis vir die res van die vakansie.
