SPORT & DIE CHRISTENDOM: ‘N NUWE ETIEK IN SPORT (5)

Home » blog » SPORT & DIE CHRISTENDOM: ‘N NUWE ETIEK IN SPORT (5)

OORDENKINGREEKS – SPORT & CHRISTENDOM VRYDAG  9 AUGUSTUS 2024

Die belofte van vernuwing en transformasie geld ook vir die wêreld van sport en die etiek wat daarmee gepaard gaan. Etiek het ’n belangrike rol in die lewe van ’n sportpersoon. Etiek beteken ‘n sistematiese en kritiese nadenke oor wat moreel goed is om te doen. Ons kan Etiek sien as ‘n stel beginsels of teorieë wat die basis vorm vir die beoordeling van wat reg of verkeerd is in ‘n algemene sin. Moraliteit beteken weer die praktiese toepassing van etiese beginsels in die daaglikse lewe en die persoonlike standaarde wat mense gebruik om hul aksies te evalueer. Die evangelie gee die sportpersoon ‘n nuwe doel, ‘n nuwe identiteit en uiteindelik ‘n nuwe etiek. Die hedendaagse “wen-ten-alle-koste” mentaliteit, waar oorwinning ‘n afgod word en atlete bereid is om enigiets te offer om te wen, ondermyn die integriteit van sport. Hierdie mentaliteit veroorsaak dat mense hul morele kompas verloor, wat sigself manifesteer in onetiese gedrag op en van die veld af.

Op die veld het steroïede en ander prestasieverbeterende middels ‘n donker skadu oor sport gegooi. In ander sportsoorte is daar berigte van spelers wat hul eie spanmaats boelie en selfs betaal word om teenstanders te beseer. Buite die veld is die stories eindeloos: Boeliery, gevegte, seksuele losbandigheid, huishoudelike mishandeling en selfs moord. Hierdie verlange om integriteit prys te gee is nie beperk tot professionele atlete nie, maar kom voor op alle vlakke van deelname. Maar diegene wat in Christus geregverdig is, word geroep om geregtigheid en regverdigheid na te streef, beide op en van die veld af. Die liggaamlike opstanding van Christus bevestig God se skepping en sy doelwitte vir sy mense.

Die kerk het nie meer atlete nodig wat met bedrog en geweld bo uit te kom nie en dan God dank vir die tv toneel. Jesus se etiek, soos aan ons gegee in die evangelie, roep sportpersone op om eerlikheid, regverdigheid en liefde vir hul naaste te eerste te stel.. Mag ons, as Christene, altyd streef na ‘n lewe van integriteit, of ons nou op die sportveld is of in ons daaglikse lewens, en sodoende die waarheid en liefde van Christus aan die wêreld demonstreer.

FEMKE Goeie mens

GEBED: Hemelse Vader, ons kom na U met dankbaarheid vir die transformasie wat U in ons lewens bring deur die evangelie. Help ons om hierdie nuwe etiek van regverdigheid en integriteit uit te leef, beide op en van die sportveld af. Gee ons die moed om op te staan teen die druk om dieselfde kwaad as ander te doen en om eerder U waardes te handhaaf. Mag ons lewens ‘n getuie wees van U liefde en geregtigheid, en mag ons altyd strewe om U naam te verheerlik in alles wat ons doen. Lei ons om sport en alle ander aktiwiteite as geleenthede te sien om U skeppingsdoelwitte na te streef en ander te dien. In Jesus se Naam bid ons dit. AMEN