EK EN KOBIE WORD GENOOI VIR AANDETE

Home » blog » EK EN KOBIE WORD GENOOI VIR AANDETE

TOKKIES KASKENADES (4)

Humor met Obe

Kobus, Melite, Stephen en ek het ’n flat gedeel by die nuwe moderne Liberty hostel toe Renovaties bij Tokkies gedoen was. Langs ons het Xhosa susters gebly aangename bure hulle was net eenkeer kwaad vir my toe hulle uitvind dis ek wat elke keer hulle TV change van buite af (selfde hostel tv’s en drukdinge). Ons was ’n lekker groep wat in daai hostel gebly behalwe een A sosiale jong man (harde musiek) bo ons, maar op advies van ons buurvouens het ons na sy flat ge Toi Toi met die buurvroue wat die waarskuwing gedra het ‘n Dunlop Taaier. Hy het toe stil geword nooit meer las gehad nie. Nou ja die bure nooi toe een keer vir ek en Kobie uit vir ete. Ons maak ons toe honger (slaan ’n ete oor) solat ons met lus kan eet. Toe ons daar sit kry ons ’n hoender geur wat bietjie sterk na HOENDER ruik. Ek en kobie gesels fluister dat ons meer kruie en speserye gebruik, die wat onsse hoender nie so sterk ruik nie. Toe die kos klaar is kry ons borde en die toe kastrol staan toe oppie tafel, ek en kobie, lekker honger, is onmiddelik op ek maak die kastrol oop en sien seker tien hoenderpote met ongeknipte naels wat na ons kyk. Ons staan gevries wat nou is dit nou nie lelik of rassisties om uit te hardloop en te hoop die hoenderpote ja jou nie? Gelukkig lag die Xhosa susters lekker. Daai aand het ons jem brood geeet.

Xhorries