Humor (6) Aai die Engels
HOFMAKERY BY DIE ENGELSE STRAND

’n Paar jaar na skool (1983) het ek by SASOL 2 gaan werk waar ek Instrument Meganikus opleiding gekry het en hele paar jaar wonderbaarlik (my handewerk aanleg is 40% teorie 95%) met elektroniese meetinstrumente gewerk het. In Kinross het ek van my beste vriende (Henry van Wyk, Jonathan Cupido, Gilbert Booysen, Tommie Bekkies, Pieter Fred, Gawie Farmer James van Rooyen esm) ontmoet. Ek het die ouens vertel dat ek nog nooit die see gesien het nie. Die manne besluit toe daar en dan ons moet Durban toe. Ek was toe 21 en ½ jaar oud. Daar gekom vra ek die manne om my reguit see toe te vat 23h00 of te not. Daar gekom is ek reguit water toe net om voete nat te maak, ek sien toe daar ver in die see liggies en vra toe die manne is daai ’n bewoonde eiland. Hulle lag my toe lekker uit want dit was ’n skip. Ons gaan slaap toe by SASOL vriende se familie in Wentworth en maak lekker vriende met die buurt se meisies en so aan. Die Saterdagaand gaan ons met ’n groepie meisies see toe daargekom paar ons toe af…Nou ja Durban meisies het ek agtergekom praat net engels al lyk sommige so mooi asof hulle van Wellington of Springbok afkom, al verskil hulle praat nie Afrikaans nie. Niks. Ek begin toe redelik goed met die Engelse versiering (vlerksleep). You are beautiful en I like your smile en the Moon shines bright en ROME I will always Remember Our Moonlight Evening… Toe vat ek haar hand en sy vat my hand terug. Toe raak my bietjie Engels op woeps niks oor nie Ek het nog probeer, al wat uitkom is hhhggg. Nodeloos om te sê my aand het geeindig met handtjie vashou … !
