Oordenking: LENT 40 daetyd – Dag 38
Skriflesing: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?” MATTEUS 7:16

Laat ons die Lent beskou as ‘n geleentheid om God se kinders in Suid Afrika te herinner aan hulle identiteit te midde van die opwinding van ‘n verkiesingsjaar in ons mooie land. Terwyl ons betrokke gaan wees en tereg ook by die politieke proses, moet ons onthou dat ons nie ons Christelike roeping opsy kan sit nie. Ons is geroep om te handel in ooreenstemming met die evangelie, selfs terwyl ons deelneem aan politieke sake. Dit beteken dat ons onself moet onderskei van die wêreld, nie net deur die waarheid wat ons verkondig nie, maar ook deur die manier waarop ons dit verkondig. Ons gaan tog nie doelbewus vir doringstruike en dissels stem nie? Ons getuienis moet getuig van ons Christelike identiteit, ongeag die omstandighede. Ons stemme moet getuig van ons Christelike identiteit, van ons omgee vir die armes, vir lig in plaas van dokerte.

Selfs wanneer ons betrokke raak by politieke debatte, bly ons die mense van God, daarom stem ons nie vir spotters, leugenaars en uitbuiters nie…..
Gebed: Here God, Dit is ons gebed dat ons, te midde van politieke donkerte en leugens , sal onthou wie ons is in Christus. Mag ons getuienis van U hoop en liefde ons onderskei in alles wat ons doen. Gee ons die krag om sagmoedigheid en eerbied uit te leef, selfs in politieke debatte en kruisie besluite. Mag ons wandel waardig wees van die evangelie, ongeag die uitdagings wat ons mag teenkom. Amen.
Refleksievrae:
- Hoe kan ons ons Christelike identiteit in stand hou te midde van politieke stryd?
- Op watter manier kan ons sagmoedigheid en eerbied demonstreer in politieke gesprekke en optredes?
- Hoe kan ons ons roeping om die evangelie te verkondig, handhaaf te midde van politieke betrokkenheid?