ROU (15)

DOOLHOF VAN ROU
Obe Phillips
In die doolhof van rou stap ek alleen,
Omring deur skadu’s wat my vasvang
Maar in hierdie donker, is daar ‘n skyn van hoop,
‘n Ligpunt wat my pad verlig.
Die troos van ander, ‘n uitgestrekte hand,
Om my te help deur die nag.
Saam stap ons deur die doolhof van verdriet,
Ons deel emosies, ons harte versag.
Gemeenskap en verbondenheid,
‘n Anker in die storm.
Hier vind ons vrede, hier vind ons genenesing
Hier voel ek nie meer soos ‘n uitgeworpe
Vir elkeen van ons is hierdie reis uniek,
Maar saam stap ons, hand aan hand.
In die doolhof van rou vind ons hoop,
In die liefde van ‘n ander, ons hoop
©Obe Phillips 2024
