DIE WAARDE VAN VRIENDSKAP (b)

Home » blog » DIE WAARDE VAN VRIENDSKAP (b)

LENT 40 dae – Dag 35

Skriflesing: ‘As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy – suster – broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.’  1 JOHANNES 4:20

In hierdie tyd van Lent, laat ons nadink oor die egheid van vriendskap en die aard van ons verhouding tussen ons en Jesus. Die woorde van Jesus, “Julle is my vriende as julle doen wat Ek beveel,” klink dalk vreemd op die eerste gehoor. Glad nie in pas met die moderne idees van gelykheid en demokrasie nie. Klink na diktatorskap. Dit lyk asof Hy vriendskap afhangende is van jou gehoorsaamheid, en dit is vir my in stryd met ons konsep van vriendskap.

Maar as ons dink aan wie Jesus is, verander die prentjie. Hy is nie net ‘n mens soos ons nie, maar Hy is die Here en Koning van die heelal. Hy is God wat na die aarde gekom het as ‘n mens. Sy woord is wet, en Sy wil moet gevolg word. Maar selfs in Sy heerskappy, openbaar Hy ‘n verlange om meer as net ‘n heerser te wees – Hy wil ‘n vriend wees. Sy bevel is ‘julle moet mekaar liefhê  … ‘.

Die bevel wat Jesus ons gee, is eenvoudig: “Dat julle mekaar liefhet.” Hierdie is nie ‘n bevel van dwang nie, maar ‘n uitnodiging tot ‘n lewe van liefde, ’n voorwaarde om sy vriend genoem te word. . Ons vriendskap met Jesus word nie bepaal deur ons gehoorsaamheid nie, maar deur ons bereidwilligheid om lief te hê soos Hy liefhet.

Gebed: Liewe Jesus, dankie dat U nie net ons Here en Meester is nie, maar ook ons vriend. Help ons om U gebod van liefde te gehoorsaam en om mekaar lief te hê soos U ons liefhet. Mag ons vriendskap met U en met mekaar groei deur ons liefde en toewyding tot mekaar. Amen.

Refleksievrae:

  1. Hoe verstaan jy die verbinding tussen gehoorsaamheid en vriendskap in die konteks van Jesus se woorde?
  2. Hoe kan ons liefde vir ander ‘n uitdrukking wees van ons vriendskap met Jesus?
  3. Op watter maniere kan ons mekaar ondersteun en aanmoedig om lief te hê soos Jesus ons liefhet?