Die stryd om die Sinew koord

Home » blog » Die stryd om die Sinew koord

Ghaap en Boegoe – Tweelingbroers

Khoi kortverhale (3)

Die saak het die gemoedere van die gemeenskap vir jare omgekrap, en het die potensiaal gehad om die Griekwavolk te skeur, want 70% het agter Ghaap gestaan en Boegoe het die res se steun gehad.  Want nie Ghaap of Boegoe of hul moeder Ant Katrina (vader Plaatjie het vir Ghaap gekies) kon seker weet wie die oudste was. Ant Sanna van Niekerkshoop, die vroedvrou is kort na hul geboorte oorlede. So wie het eintlik eerste in die wêreld gekom. Frustrasie en ongeduld het toegeneem, en dit het gelei tot ‘n ooreenkoms tussen die broers om die saak eens en vir altyd op te los. Die oplossing was ‘n regverdige geveg op die tradisionele Griekwa wyse, ‘n tradisie wat teruggaan na die oorspronklike Khoi manier van geskille op los. ’n Twee geveg! Die oudstes van die dorp sal skeidsregter en beoordelaars wees.

Onder die blou hemel, het die son ongenadig sy warm skynsel op Griekwastad se stowwerige grond laat val, het die mense bymekaargekom om die geveg by te woon. Die twee geveg wat regmatige sou bepaal wie die Kaptein sal wees. Die reëls was eenvoudig maar streng: geen wapens was toegelaat nie, slegs kaal hande en die krag van die menslike liggaam. Ghaap en sy broer Boegoe was ondanks die twis om leierskap tog vriende wat talle jagtogte saam met ander dorpseuns onderneem het. Saam gespeel onder in die Vlei, Ghaap was die Kleilat kampioen en Boegoe se muise karrietjie (ingespan soos Perde) was die vinnigste. Nou staan hulle teenoor mekaar, nie om te speel nie, maar om te veg Die geveg sou ‘n toets wees van uithouvermoë, veerkragtigheid, en bo alles, eer. Die reëls was simpel, die wat die ander eerste tot oorgawe dwing sal die Kaptein wees. 

Terwyl die twee broers in die middel van die gemeenskap teenoor mekaar gestaan het, het die spanning swaar in die lug gehang. Boegoe het eers gepraat: “Ghaap ek hou nie daarvan dat ons so teen mekaar staan nie, maar baie mense glo ek is die oudste, Ant Ronnemeid en haar familie glo vas dat ek die eersgeborene is.”  Ghaap het ’n paar sekondes gewag voor hy praat: “Boegoe, ek sal altyd respek vir jou hê, maar ek moet ons oorlede Pa Plaatjie se seën en testament erken en prakties maak.” Die Griekwastedelinge het in stilte geluister, die woorde van die tweeling het die geskeeu en aanhitsing stil gemaak, hulle kon maar net met respekvolle verwagting kyk, wetende dat die uitkoms die toekoms van hul volk sou bepaal. Ghaap en Boegoe het mekaar se oë vasgepen terwyl hulle in ‘n sirkel geloop het soos twee bakleiende Jakkalse.  Beide van hulle wag toe vir ’n beweging van die teenstaander se oë voordat hulle toeslaan. Hulle weet die Griekwastedelinge respekteer ’n slim vegter en nie ’n domkrag vegter nie, hulle was gereed om hul waarde te bewys.

Die geveg het begin met ’n woedende wisseling van vuiste, elke slag het met ’n harde geluid getref. Die broers het in die stowwerige arena geworstel en gerol, hul liggame bedek met ‘n glans van sweet. Die oudstes het sorgvuldig waargeneem of een nie oorgee nie, hul gesig uitdrukking was opsigtelik besorg, maar jy kon goedkeuring opmerk omdat die geveg sover eerlik sonder aanhanger inmenging en wapens verloop.

Môre: Wie het die geveg gewen?