DIE MOEDERVLEK OP DIE LINKERSTERT

Home » blog » DIE MOEDERVLEK OP DIE LINKERSTERT

KHOI KORTVERHALE (4)

Op wie se stert is die Moedervlek?

Hierdie spesiale verbinding met die diereryk kan beteken dat jy ‘n natuurlike neiging het om met diere te verbind of hulle insigte en wysheid te waardeer. Die teenwoordigheid van so ‘n moedervlek kan jou aanmoedig om jou verhouding met diere te verbeter en te luister na die lesse en leiding wat die Khoi fabels kan bied.

Dit is ook ‘n herinnering om meer aandag te skenk aan die natuur en die manier waarop diere in jou omgewing behandel word. As jy dus gaan jag, doen dit vir die pot of jou veiligheid, die Khoi maak nie diere onnodig vir die sadistiese genot daarvan nie.

Ghaap en die gehawende Boegoe se linkersterte word toe deur Klaas Beesvel ondersoek en daar sien hy die kleine steenbokagtige moedervlekkie. Klaas geniet die spanning van die afwagtende Khoi oudstes en die volk wat by die deur afluister. Hy vra drinkding en ’n askoek en wag in stilte die rooibos teetjie. Na 5 minute wat gevoel het soos ’n uur sê hy met ’n waardige stemtoon “Oudstes teenwoordig en die volk daarbuite, na noukeurige ondersoek van die twee nasate van Plaatjie Witbooi se linker stêrre het ek ’n steenbokkie gesien op … “ en hy houvas die spanning deur nog ’n sluk te vat … “ Ghaap se Linkerstert!” Chaos breek los soos almal vir Ghaap gelukwens, buite !Xaba Ra die volk met BoetiePaai wat die ghitaar speel en met Vytjie sing.

Ghaap, nou die onbetwiste leier, het die belangrikheid van eenheid en versoening verstaan. In ‘n gebaar van nederigheid en wysheid het hy na sy broer gestap en hom omhels. Boegoe, ten spyte van die nederlaag, het sy broer se omhelsing met ’n innige drukkie aanvaar en met ’n ligte buiging ’n aanduiding gegee dat hy die uitslag aanvaar.

Met die Kapteinskap twis afgehandel het Ghaap nie tyd gemors om die amp wat hy het uit te leef nie. In ’n verrassende wending het hy Boegoe aangestel as sy belangrikste adviseur, wat erkenning gegee het aan sy broer se waardevolle kennis, insigte en ervaring. Maar Boegoe het toe vir ghaap gesê, “Baie dankie my broer maar ek en my gesin en ’n paar families het besluit om te trek en ons te gaan vestig langs die Gariep.” Ghaap, met sy wysheid het besef dat dit die beste is. Boegoe het die vesting Boegoeberg genoem. Daardie vesting is vandag nog bekend as Boegoeberg!

Môre die inhuldigings plegtigheid