DIE MISBRUIK VAN MAG

Home » blog » DIE MISBRUIK VAN MAG

40 DAE PAASSONDAG TOT HEMELVAART

DINSDAG 30 APRIL 2024

Mag is soms ’n duiwelse motivering in ons wêreld. Dit is aanloklik vir baie, of dit nou in die politiek, besigheid of ander aspekte van die samelewing is. Die aantrekkingskrag van mag lei dikwels tot moord, verkragting, korrupsie en ander misbruik van gesag. Mag word dikwels gesien as ‘n bron van prestige, rykdom, en invloed, wat vir baie mense aanloklik is om daarna te strewe.

Hoewel mag vir goeie doeleindes gebruik kan word, soos om maatskappye te laat groei of ‘n regverdige samelewing te skep, word dit dikwels misbruik. In lande waar demokrasie nie stewig gewortel is nie, sien ons dikwels verkiesingsbedrog, onderdrukking van teenstanders, en misbruik van gesag. Hierdie ongeregtighede bring leed en wanhoop in die wêreld. Dit ken ons in Suid afrika alte goed, ons beleef elke dag die gevolge van die misbruik van mag!

Maar daar is ‘n ligpunt, ‘n bron van hoop te midde van al die onreg en ellende. Jesus Christus, na sy opstanding, verklaar dat Hy alle mag in die hemel en op die aarde ontvang het. Hierdie gesag kom nie van aardse bronne nie, maar van God self. Jesus se mag is nie korrup nie, maar suiwer en vol liefde.

GEBED: Hemelse Vader, ons dank U vir die mag en gesag wat U aan Jesus gegee het, mag wat nie korrupteer of onderdruk nie, maar bevry en verlig. Ons bid vir ‘n wêreld waar mag regverdig en liefdevol gebruik word. AMEN