OORDENKING REEKS – DEPRESSIE
WAT IS DEPRESSIE?
Depressie is ‘n komplekse geestelike gesondheid toestand wat gekenmerk word deur ‘n aanhoudende gevoel van somberheid, rusteloosheid, en ‘n verminderd gevoel van eie waarde. Dit affekteer ‘n persoon se vermoë om van die lewe te geniet en lei tot ‘n verlies aan energie om enige aktiwiteite te onderneem. Depressie kan by mense van alle ouderdomme voorkom, insluitend kinders en jongmense, en kan verskillende vorme aanneem wat moeilik is om te identifiseer.

NUWE REEKS OORDENKINGE
Ek nooi julle uit om aan te sluit by ‘n nuwe reeks blog oordenkinge oor depressie en moedeloosheid. Ons sal kyk wat die Skrif sê, praktiese raad gee en maniere ondersoek om hierdie onsigbare vyand vyand te oorwin. Ons sal leer hoe om ons gedagtes en ons harte te vul met die advies van God se Woord, en hoe om ons lewens te lei onder die leiding van die Heilige Gees.
SAMEVATTING
Sluit by ons aan op hierdie reis na herstel en hoop. Mag ons saam groei in geloof en die oorwinning vind wat Jesus vir ons bewerkstellig het.