GOD SE GETROUE GESKIEDENIS RED MY VAN DEPRESSIE

Home » blog » GOD SE GETROUE GESKIEDENIS RED MY VAN DEPRESSIE

OORDENKING REEKS – DEPRESSIE (8)

SATERDAG 15 JUNIE 2024

GOD het my diep uitgehaal!!!

Daar is iets aan aanbidding wat die siel weer in te stel op God se frekwensie (herkalibreer). Maar aanbidding is nie ‘n natuurlike instink van die depressiewe persoon nie. Wanneer duisternis toesak en alles wat eens ons lewens vorentoe gedryf het verdof, is ons geneig om die kombers oor ons kop te trek en nie God en enige iemand te vertrou met jou gevoelens. Maar Asaf het homself gedwing om God te aanbid. Onthou net soos vir Asaf is daar voordele in die kerk, in die gemeenskap vann gelowiges, die byeenkoms van God se mense. Dit is so belangrik om in gemeenskap te aanbid – om jou broers en susters in Christus te vra om vir jou te bid. Soms kan jy letterlik nie alleen regkom nie, wanneer jou geloof vlakke laag is, dan het jy die geloof van diegene om jou nodig om jou te dra. Geselskap van medegelowiges in die Here Jesus is kragtig.

Hoe meer die Psalm aan beweeg hoe meer klink Asaf nie meer soos die mismoedige Asaf waarmee ons begin het nie, of hoe? Aanbidding het hom verskuif van ‘n self-gefokuste depressiewe Asaf na ’n uitgesproke Asaf wat sy geloof in die Allerhoogste God hardop bely.

Ten slotte fokus Asaf op God se verlossing van Sy mense: “U het met u arm u volk verlos, die kinders van Jakob en Josef.” God gee om vir my. Hy weet wat in my en met my gebeur. Hy het die bonatuurlike vermoë om alles te doen wat nodig is om Sy beloftes na te kom, en Hy het my lief genoeg om my te kom red. Asaf het begin met ‘n groot probleem en ‘n klein God; maar hy het aanhoudend gebede se na God gestuur. Hy het homself gedwing om die seëninge van God se getrouheid in die verlede te herhaal, ook jou geskienis kan jou hoop vir die toekoms versterk. Vir Asaf is God nou groot, en sy probleme klein nie.  Nou is dit jou beurt…..! Depressie gaan jou nie onderkry nie……

GEBED: Hemelse Vader, Ek kom na U in my tyd van depressie en wanhoop. Help my om, soos Asaf, my gedagtes te herlei en U grootsheid te verhoog. Ek bely dat my natuurlike instink is om my terug te trek en op te gee, maar ek kies om U te aanbid, al voel dit moeilik. Here, ek vra dat U my sal herinner aan U getrouheid in die verlede. Help my om U wonderwerke te onthou en U dade te mediteer. Laat my fokus op U heiligheid en krag, en nie op my probleme nie. Gee my die moed om my broers en susters in Christus te vra om vir my te bid, en my te omring met die geselskap van U mense. Dankie dat U ‘n heilige en almagtige God is wat omgee vir my en my situasie. Ek vertrou dat U my sal verlos en my deur hierdie donker tye sal dra. Ek verhoog U Naam, want U is waardig van al my lof. In Jesus se Naam bid ek, AMEN