DEEL – AL BETEKEN DIT MOONTLIKHEID VAN VERLIES OF TELEURSTELLING

Home Β» blog Β» DEEL – AL BETEKEN DIT MOONTLIKHEID VAN VERLIES OF TELEURSTELLING

OORDENKINGREEKS: MEDEDEELSAAMHEID (3)

WOENSDAG 29 MEI 2024

Wanneer jy jou geloof en twyfel met iemand deel, weet jy nooit hoe die ander persoon gaan reageer nie. Deel beteken altyd dat jy iets opoffer. Of dit nou geld is wat jy aan ‘n goeie doel gee, wat jou eie finansiΓ«le middele verminder. Wanneer jy jou hart oopstel en jou intieme vrae en verlangens deel, loop jy die risiko van onbegrip of afwysing. Deel van jou tyd, sorg en aandag beteken dat jy jou kosbare hulpbronne opgee, en daar is geen waarborg dat dit waardeer sal word nie.

Deel is inderdaad risikovol! Die veiligste pad is om net jou eie lewe te lei en alles vir jouself te hou. Dit beskerm jou teen die risiko van verlies, beskadiging of afwysing. Maar dit is nie hoe ons geroep is om te leef nie. Ons lewe in ‘n samelewing en kerk waar ons dikwels agter pantsermure wegkruip, elkeen op sy eie eilandjie. Die uitdaging is om werklik kwesbaar te wees, om te deel MET die wat dit werklik nodig het. Ten spyte van die risikos. Ons word geroep om die liefde van Christus sigbaar te maak deur ons bereidheid om te deel, selfs wanneer dit beteken dat ons onsself blootstel aan die moontlikheid van verlies of teleurstelling.

GEBED: Hemelse Vader, ons kom na U met ons vrese en onsekerhede oor die risiko’s van deel. Help ons om moed te hΓͺ om ons lewens, ons harte en ons hulpbronne oop te stel vir ander. Gee ons die krag om kwesbaar te wees en te deel ten spyte van die risikos. Here, leer ons om te vertrou dat U met ons is, in hierdie handelinge van liefde en deel. Mag ons deur ons bereidheid om te deel, U liefde en genade weerspieΓ«l in hierdie wΓͺreld. In Jesus se Naam bid ons dit. AMEN