KLIMAATSVERANDERING!! AANKONDIGING NUWE REEKS DAAGLIKSE OORDENKINGS:

Home » blog » Climate Change » KLIMAATSVERANDERING!! AANKONDIGING NUWE REEKS DAAGLIKSE OORDENKINGS:

DIE EVANGELIE EN KLIMAATVERANDERING

Klimaatverandering is ‘n onderwerp wat dikwels intense emosies en uiteenlopende menings ontlok. Mense het dikwels baie uitgesproke standpunte hieroor, wat die bespreking dikwels vereenvoudig tot ‘n kwessie van reg of verkeerd. Daar is ook ‘n groot mate van verwarring rondom die omgewing. Ons sien tans verskeie natuurverskynsels wat daarop dui dat daar wel ‘n verandering plaasvind. Die seespieël styg, ons het te make met uiterste droogtes en reënval, en selfs uiterste koue, soos ons tans in Suid-Afrika ervaar. Verlede somer was daar weer uiterste hittegolwe.

Dit is opmerklik dat nie net Christene hulle vir die omgewing beywer nie. Baie nie-Christene vra vir sorgvuldige omgang met die aarde, terwyl sommige Christene weer lyk asof hulle min omgee oor die omgewing. Ons gaan in hierdie reeks kyk na hoe die evangelie ons riglyne gee oor hoe ons met die omgewing moet omgaan. Ons gaan hierdie sensitiewe onderwerp met respek en begrip benader, en hoop dat hierdie oordenkings ons sal help om ‘n dieper begrip te kry van ons verantwoordelikheid teenoor God se skepping. Ek nooi jou uit om deel te wees van hierdie belangrike gesprek. Kom saam met ons op hierdie reis vanaf 15 tot 21 Julie 2024 en ontdek wat die evangelie vir ons oor die omgewing en klimaatsverandering te sê het.

VLOEDE IN SUID AFRIKA

Skedule vir Daaglikse Oordenkings:

15 Julie 2024: Die Skepping en God se Roem
16 Julie 2024: Beskerm die Aarde en Hou God Groot
17 Julie 2024: Maak die Aarde Weer ‘n Lus vir die Oog
18 Julie 2024: God Beopdrag Ons: Maak Skoon Jou Woonbuurt!
19 Julie 2024: Word ’n Christelike Klimaat Aktivis
20 Julie 2024: Praktiese Wenke vir die Christen Klimaat Aktivis
21 Julie 2024: Preek – Klimaatsverandering en die Kerk

Ek hoop dat julle elke dag gaan lees en deel met ander. Mag hierdie oordenkings julle inspireer om klimaat-aktiviste te word en aktief te werk aan die bewaring van God se skepping.

Heilbiddend in Christus, Obe Phillips