BLOG AANKONDIGING – DAAGLIKSE OORDENKINGS – 17 TOT 23 FEBRUARIE 2025

Home » blog » BLOG AANKONDIGING – DAAGLIKSE OORDENKINGS – 17 TOT 23 FEBRUARIE 2025

17 TOT 23 FEB 2025 OORDENKINGS “Wie die laaste lag”

FOKUS TEKS:  Genesis 21 Verse 1 tot 7

Ek het in my bedieningsjare bekend gestaan as die Dominee wat hou daarvan om mense te laat lag. Alle tye is geleentheid om te lag begrafnis of Doop, Erediens of biduur … ons huil en lag deur die trane. Het jy al die krag van ‘n egte lag beleef of ken jy net trane? Hierdie week nooi ons jou uit om saam met ons te lag saam met Abraham en Sara deur die verhaal van hul seun Isak – die kind van belofte, wie se naam letterlik beteken: “Hy wat laat lag.”

God het Sarah en Abraham op ‘n verrassende manier vreugde gegee. Wat aanvanklik as onmoontlik of selfs belaglik geklink het en die oorsaak van baie hartseer, het verander in ‘n lagbui van ware blydskap. Deur die oordenkings hierdie week, ontdek ons saam hoe God se beloftes, al lyk dit soms ongeloofwaardig, in vreugde kan eindig.

Daaglikse Onderwerpe:

  • Maandag: Die lag
  • Dinsdag: Jitschaq: Hy laat lag
  • Woensdag: Gods beloftes klinken belaglik
  • Donderdag: Spotlag maak ons wantrouerig  –
  • Vrydag: Die lag van aanvaarding en genade.
  • Saterdag: Vreugde deur sien op die Seun
  • Sondag: Oproep tot openheid: volle vreugde lê vooruit

Ek moedig jou aan om elke dag tyd te maak vir hierdie kort oordenkings, en veral om die vreugde van lag te ontdek. Deel ook jou snaakse oomblikke met vriende en familie – selfs al is dit ‘n dowwe grappie, lag bly aansteeklik! Soos ….

n Plaasboer storm die huis binne en skree: “Vrou, gee daar vir my ‘n skoon onderbroek en broek!!!  Ek het my nou lelik vererg vir ‘n leeu!!!!”

Voel vry om hierdie blog op jou sosiale media te deel en die vreugde verder te versprei.

Onthou: Wie die laaste lag, lag die lekkerste!
Ek sien uit om saam met jou en jou vriende hierdie reis aan te pak.

Seënwense Obe