Gesinsgeweld Blogreeks deur Obe Phillips

Ek gaan ‘n blogreeks oor gesinsgeweld begin op my website, www.obephillips.com. Vir die volgende twee weke sal ek my ondersoek rondom die onaangename verskynsel met julle deel.
Die reeks sal onder andere die volgende temas dek:
a) Wat is gesinsgeweld? b) Tipes gesinsgeweld c) Wanopvattings d) Mites of onwaarhede e) Siklus van mishandeling f) Wat kan jy doen om daaruit te kom?
Die blogreeks sal afsluit met wenke en strategieë vir mense wat deur gesinsgeweld geraak word en ondersteuning soek. Maak seker om www.obephillips.com gereeld te besoek om die reeks te volg en deel dit met iemand wat dit dalk nodig het. Saam kan ons werk aan die bewusmaking en uitwissing van gesinsgeweld!