Humor (3) Kimberley se kinders

Nou ja as jy arm groot geword het in Griekwastad dan was selfs kimberley te ver wat nog vakansie by die see. Alle eer aan my pa , mense het gedink ons is ryk want daar was altyd gewone kos en regte kos (vleis) in die huis maar geld vir vakansies was daar nie behalwe om na my Pa se geliefde suster (Antie Mondtjie) te gaan in Finch Maain (65km). Maar nou ja om ’n lang storie kort te maak, mense wat wel Kimberley toe kan gaan het die wonderlikste stories om te vertel van die hoë geboue, die groot winkels en hoe jy geld in jou onderbroek moet wegsteek want die rowers is oral… . Een man wat vir die eerste keer Kimberley toe gegaan het kom vertel toe vir ons heel dramaties hoe ontwikkeld Kimberley is. Hy sê “Ék het met my eie ore gehoor, daar is kinders in Kimberley van omtrent 6 jaar oud wal AL ENGELS PRAAT!!!!!!!!”