BLOGAANKONDIGING:  NUWE REEKS – KERKLIKE BYDRAES: TIENDES OF BEKOSTIGBAAR?”

Home » blog » Tiendes » BLOGAANKONDIGING:  NUWE REEKS – KERKLIKE BYDRAES: TIENDES OF BEKOSTIGBAAR?”

OORDENKINGREEKS 19 TOT 25 AUGUSTUS 2024TIENDES OF BEKOSTIGBAAR?”

In die Bybelboek Numeri beveel God dat ons ‘n tiende van ons inkomste moet gee vir Sy diens – nie as ‘n vrywillige offer nie, maar as ‘n plig. Voordat jy jou geld begin gebruik, moet jy eers een tiende daarvan opsy sit. Dit is ‘n duidelike en eenvoudige reël, maar dit laat ons met ‘n belangrike vraag: Het hierdie ou voorskrif nog enige relevansie vir ons vandag? Paulus het dit juis aangepas in wat in 2 Korinthiërs 9:7 sê dat elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het (wat die gelowige kan bekostig), nie met teenwil of uit dwang nie, want “God het die blymoedige gewer lief.” Hierdie vrygewigheid is nie net ‘n plig nie, maar ‘n vreugdevolle uitdrukking van liefde en dankbaarheid teenoor God.

Vanaf 19 tot 25 Augustus 2024, nooi ek jou uit om deel te wees om saam oordenk oor hierdie onderwerp: “Kerklike Dankoffers: Tiendes of Bekostigbaar?” Ek gaan ondersoek of ons as Christene van die Nuwe Testament nog steeds tiendes moet gee, of daar ander reëls of persentasies vir ons geld, en of hierdie voorskrif dalk net vir die antieke Israel bedoel was.

Ons sal ook die volgende onderwerpe oordenk:

19 Augustus 2024: Die geskiedenis van tiendes in die Griekse en Romeinse kulture. 20 Augustus 2024: TIENDES in die Ou Testament 21 Augustus 2024: TIENDES in die Nuwe Testament 22 Augustus 2024: Hoe ander godsdienste die konsep van tiendes benader. 23 Augustus 2024: Ryk word as jy tiende jy tiendes gee? 24 Augustus 2024: .Moet almal gelykmatig tiendes gee, of moet dit volgens vermoë wees? 25 Augustus 2024: PREEK Tiendes of Bekostigbaar

Hierdie oordenkingreeks sal ek nie net akademiese kennis bied nie, maar ook praktiese insigte vir ons almal wat worstel met die vraag hoe ons ons finansies in ooreenstemming met ons geloof kan bestuur. Dit is ‘n tyd om saam na te dink, te bid, en te besin oor ons verantwoordelikhede en ons verhouding met ons finansies.

Maak seker dat jy hierdie belangrike reeks nie misloop nie. Ek sien uit daarna om hierdie pad van geloof en begrip saam met jou te stap!

Seëngroete,

Heilbiddend …. Obe Phillips